Bertrand Russell

Bertrand Russell
Gebore
Bertrand Arthur William Russell

18 Mei 1872
Trellech, Monmouthshire
Sterf2 Februarie 1970 (op 97)
Penrhyndeudraeth, Wallis
NasionaliteitVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
BeroepDigter en essayis
Handtekening
'n Jong Bertrand Russell
Bertrand Russell in 1907

Bertrand Arthur William Russell (18 Mei 1872 – 2 Februarie 1970) was 'n invloedryke Britse logikus, filosoof en wiskundige, wat die meeste van sy bydrae in die 20ste eeu gemaak het. Hy was 'n onuitputbare skrywer wat van filosofie 'n gewilde onderwerp gemaak het. Hy het ook kommentaar gelewer oor 'n menigte onderwerpe, van die alledaagse tot die hoogs ernstige. Hy is deel van 'n familietradisie in politiek en was prominent as 'n liberalis, sosialis en aktivis teen oorlog vir die meeste van sy lang lewe. Terwyl hy gestaan het as 'n ikoon vir 'n kreatiewe en rasionele lewe, was baie van sy standpunte baie kontroversieel.

Hy is gebore tydens die hoogtepunt van Brittanje se ekonomiese en politieke mag, maar toe hy gesterf het van griep amper 'n eeu later was die Britse Ryk byna tot niet. Sy lewe en invloed het gestrek oor beide die Eerste en Tweede Wêreldoorlog, waarin Brittanje ten duurste oorwinning behaal het. In sy posisie as een van die wêreld se bekendste intellektuele van sy tyd het hy 'n hoë morele gesag gedra, tot in sy 90's. Hy was 'n prominente figuur vir kernontwapening en teen die Viëtnamoorlog.

In 1950 het Russell die Nobelprys vir Letterkunde verwerf[1] "in erkenning van sy verskeie en konsekwente skrifte in diens van humanisme en vrydenkery".

  1. "The Nobel Prize in Literature 1950" (in Engels). Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Julie 2018. Besoek op 7 Oktober 2017.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search